
Knus weggesteek tussen welige groen bome en blomme lê Ossewa Trou en Funksie Laer. Ons bied vir voornemende besoekers meer as net die gewone plek vir jou funksie.
Met die mees romantiese uiteensetting is dit meer as die moeite werd om die besonderse plekkie te besoek. Wanneer jy die betowering ervaar wil jy met alles in jou vermoë hier kom kuier, nie net in die rustige tuin met die geluide van die natuur nie, maar ook in die absolute unieke restaurant waar meer as een unieke verrassing jou keer op keer laat wens dat jy hier kan bly.
Fanie, wat 'n meester is met die uitleg en bou, veral met pale en klip, het hier 'n stukkie grasdakhemel gevestig waar net 'n besoek aan ons, jou spesiaal laat voel.
Dit is ook die ideale plek om jou troudag baie besonders te maak, met die venue, kapèl, musiek en honeymoon suite het jy niks meer nodig om jou spesiale dag ”die mooiste dag in jou lewe te maak nie“
Met ‘n keuse van twee sale en twee opsies vir spyseniering kan ons in elke een se behoeftes voorsien. Ons doen ook alle ander funksies soos bv. Jaareind funksies, verjaarsdae, ooievaars tee, kombuis tee ens.
Ons het ook slaapeenhede beskikbaar, wat dit net baie geriefliker maak vir gaste.
Ons opsies aangaande die spyseniering is as volg:
Swembad saal Ons ”Cater“ 130 gaste
Saal met dek (2 opsies) Ons ”Cater“ of ”Self Cater“ 150 gaste







